Great complex, very neat
Absoluut die BESTE ding wat ek en my vrou Annatjie kon gedoen het, was om na Groenkloof George te verhuis.Op die oomblik is bouery nog verwoed aan die gang, wanneer dit droog is, is die stof iets ysliks en wanneer dit nat is, is die modder amper erger!
MAAR:
Saans as die bouers die perseel verlaat en naweke is DIT die plek om te wees! Rus, vrede, stilte, tarentale, voëltjies - alles wat nodig is om jou rustig en kalm te maak.
Wanneer die gewerskaf verby is, sal ek nie nie Groenkloof George verruil vir ENIGE ander aftree oord in die omgewing nie ! !