About

'n Doelgerigte Afrikaanse skool gewortel in etiese waardes, waar kwaliteit onderrig en gelyke geleenthede gebied word.

Tags : #ElementarySchool

Location :
H/V Braam Pretorius- en Jan Booysenstrate, 0182 Annlin, Gauteng

Opening Hours

  • Monday 07:00 - 15:00
  • Tuesday 07:00 - 15:00
  • Wednesday 07:00 - 15:00
  • Thursday 07:00 - 15:00
  • Friday 07:00 - 13:30
  • Saturday -
  • Sunday -

Description

"O wonder van `n duisend jaar, hoe vas het jy gestaan. As onweer in die donker nag met buie oor jou gaan!" (uittreksel uit ons skoollied).

Met `n trotse geskiedenis waarop ons net kan bou, nooi ons u om deel van die wenspan te word. Ons is groot genoeg om `n verskil te maak en effektief genoeg om vir u kind die hoogste standaard van onderrig te verseker. `n Kind moet weet waar sy wortels gevestig is: sy gesin en sy geloof. Die plek waar hy meer as die helfte van sy dag spandeer, moet `n plek van uitnemendheid en sekerheid wees, gerugsteun met gesonde, positiewe dissipline wat van binne gekweek word.

Oor die jare is dit waarvoor Laerskool Wonderboom gestaan het en steeds staan. Vir meer as 53 jaar, is dit ons strewe om vir u kinders ankers te gee, met visie vir die toekoms, ondersteun deur die nuutste tegnologie en onderwystegnieke.

Rate & Write Reviews