About

Teel skape wat vrugbaar is van goeie fenotipe en aangepas is in natuurlike omstandighede. Balans is die wagwoord. Boer in veld met minimum byvoeding

Tags : #UrbanFarm

Location :
Paardekraal / Klipputs, 8920 Williston, Northern Cape
Contacts :

Description

Ek boer omdat dit my passie is en die meatmasters versterk my entoesiasme. Die skaap is baie vrugbaar, en met hul gehardheid pas hulle baie goed in ons omgewing aan. Ek streef daarna om 'n skaap te te teel wat in harmonie met die natuur is want dan kry ek die meeste finansiele voordeel. Met hierdie doelwit kan ek en my skape ook die periodieke droogtes van ons omgewing goed oorleef.
Die kern kuddekenmerke van die Meatmaster wat ek onderstreep is: vrugbaarheid, baie goeie moedereinskappe, gehardheid en tropinstink.
Omdat die diere in 'n trop loop is hulle meer bestand teen ongediertes.
Hierdie tropinstink maak dit moontlik om honde in die troppe te gebruik om die skape teen ongediertes te beskerm.

Rate & Write Reviews