Coram Deo is 'n plek vir my van veiligheid, konneksie en waar ek my geloof die afgelope paar jaar baie gegroei het. Ek is dankbaar vir die leerstof wat ons ontvang, wat my weer help om uit te leef wat Jesus wil he ek moet doen. Ek sal daarvan hou as ons musiek bietjie meer instrumente, dromme of ritme het :)
'n Gemeente waar ek leer om as 'n Christen my geloof uit te leef en nie slegs 'n gesprek punt te maak nie. Ek word ge-coach in die wat en hoe van 'n verhouding te he met my Here. Floris help my om Christenskap te be-oefen en ek kan vertrou dit is bybels-gefundeerde coaching wat ek kry.