Overview

Handelaar van nuwe en tweede handse trekkers en Implimente. Sowel as 'n toegeruste werkswinkel en onderdele afdeling.

Tags

  • Agricultural Cooperative

Description

Die VKB Groep
is ‘n moderne, dinamiese landboubesigheid wat sedert sy ontstaan bykans ‘n eeu gelede, konstant daarop fokus om toenemend oplossings vir die veranderende en uiteenlopende behoeftes van landbouprodusente en verwante belanghebbendes te bewerkstellig.

As eertydse Landboukoöperasie is daar aan die basiese behoeftes vir ekonomiese insette, meganisasie, graanhantering en –bemarking, finansiering en versekering voldoen, maar in later jare is die visie uitgebrei om ook nywerhede as deel van die Groepstrategie te ondersoek en waar sinvol, daarin te belê. Die VKB Groep spog vandag met ‘n uitgebreide nywerheidsstruktuur wat soveel moontlik kommoditeite wat in sy bedieningsgebied geproduseer word, verwerk.

Die groep beskik oor ‘n unieke insentifiseringsmodel vir bona fide landbouprodusente wat aandeelhouers in die groep is. Dié model, tesame met die nywerheidstrategie wat poog om kummulatiewe inkomste uit die onderskeie skakels in die voedselwaardeketting te genereer, tot finansiële voordeel van die aandeelhouers, kweek ‘n lojale klantebasis wat die grondslag lê vir ekonomiese volhoubaarheid.

Vandag kan die VKB Groep gesien word as ‘n “house of brands” met ‘n unieke samestelling van handelsmerke van maatskappye en produkte wat die groep een van die leiers in die landbouomgewing maak.

Die groep is ook een van die prominente werkverskaffers in die Oos-Vrystaatse- en Limpopo platteland wat werk verskaf aan ongeveer 4500 werknemers. Die Groep vorm die hoeksteen van die plattelandse ekonomie in die Oos-Vrystaat en deel van goeie sosiale burgerskap, belê hy toenemend in insiatiewe en infranstruktuur tot voordeel van die gemeenskappe waar hy sy sake bedryf.

Location

0 Reviews

No reviews yet. Be the first to add a review.

Rate & Write Reviews