Vir jare het ons twee net rondgespeel met koekies en koeke en allerlei gebak. Maar wie wil nou net 'n gewone koek hê, as jy 'n MOOI koek kan hê? So toe het ons stadig maar seker meer begin uitvind, eksperimenteer en leer oor fondant en die wondere wat dit aan 'n gewone ou cupcake kan doen. 'n Hegte vriendskap en 'n gedeelde passie het 'n paar gesaamentlike projekte tot gevolg gehad. En van daar af het dit net begin vlamvat. Bestellings het begin instroom en ons kon skaars voorbly. Elke nuwe idee is 'n uitdaging - een wat ons met 'n glimlag aanpak. Ons albei werk steeds voltyds, so ons kan ongelukkig nie so baie bestellings inneem soos voltydste baksters nie, maar die wat ons wel doen, word ordentlik gedoen! Laat weet ons wat is jou droomkoek!
Sjokoladekoek met sjokolade 'saagsels', fondant en sjokolade bottel #jykandiebotteleet
Mini monster cupcakes - sjokolade en vanilla.
Sjokolade en vanilla cupcakes vir 'n teetuin.
DragonballZ sjokolade-capicinno koek met versiersuiker, nie fondant nie.
Paw patrol verjaarsdagkoeke
Olifant tema cupcakes vir n ooievaarstee.
Cupcakes vir prentloop dag :)
Vintage cupcakes vir 'n spesiale kombuise, en fondant toppers vir 'n fondsinsameling deur 'n dirt bike club.
Hierdie draak was so bietjie meer van 'n uitdaging as wat ek al voorheen gehad het. Ek kon dit nie uit fondant maak nie - dit sou te lank vat om droog te word en sou heeltemal te swaar gewees het. So toe moet die draak maar uit gips gemaak word.
Individuele klein koek-cupcakes en 'n sjokolade naked-cake versier met cake pops, skuimpies en blomme vir 'n 60e verjaarsdag.
Is hierdie gesiggies nie net te skattig nie? 😊
Ooievaarstee koek. Boonste laag tjoklit, onderste laag vanilla :)
Reënboë en blinkers en alles wat skitter 😁🍭🌈
Visvangkoek vir Dian se 6e verjaarsdag. Sjokolade.
Wie kan nou 'n skapie weerstaan?
Doopkoek en cupcakes vir 'n spesiale dogtertjie. Alles behalwe die kant en Baby's breath is eetbaar.